Beleid oor privaatheid


StudentePlein is verbind tot die beveiliging van die privaatheid van sy lede, webwerfbesoekers en diensgebruikers.

1.              DEFINISIES     

1.1             Anonieme inligting: Anonieme inligting beteken inligting wat nie direk of indirek geïdentifiseer kan word nie, en nie redelikerwys gebruik kan word om ‘n individuele besoeker te identifiseer nie.

1.2             Kinders: Kinders beteken individue wat weens hulle nie wetlik ouderdom toestemming mag verleen vir die insameling en verwerking van hul persoonlike inligting nie. In Suid-Afrika verwys die term "kinders" na individue onder 18 jaar.

1.3              IP-adres: 'n IP-adres word geassosieer met die toegangspunt waardeur u die internet betree en word tipies beheer deur u internetdiensverskaffer (ISP), u maatskappy of u universiteit. Ons kan IP-adresse gebruik om inligting te versamel oor die frekwensie waarmee ons besoekers verskillende dele van ons webwerwe en toepassings besoek, en ons kan IP- adresse met persoonlike inligting kombineer.

1.4             “Lidmaatskap” of “lid”: verwys na lidmaatskap by StudentePlein.

1.5             Ouer: Ouer beteken 'n ouer of wettige voog van ‘n kind.

1.6             Persoonlike inligting: Persoonlike inligting beteken inligting wat direk of indirek 'n bepaalde individu identifiseer, wat insluit, maar nie beperk is tot inligting soos die individu se naam, posadres, e-posadres en telefoonnommer. Wanneer anonieme inligting direk of indirek met persoonlike inligting geassosieer word, word die gevolglike inligting ook as persoonlike  inligting behandel.

1.7             Openbare forums: Ons webwerwe en toepassings kan boodskapborde, gespreksbladsye, blogs, klaskamers, sosiale gemeenskapsomgewings, profielbladsye en ander forums bied wat nie 'n beperkte  gehoor het nie. As u persoonlike inligting verskaf wanneer u enige van hierdie opsies gebruik, kan daardie persoonlike inligting openbaar gemaak word en andersins openbaar gemaak word sonder beperking op die gebruik daarvan deur ons of deur  'n derde party.

1.8            “StudentePlein” verwys na StudentePlein, 'n universitas personae kragtens sy eie grondwet ingelyf.

1.9             Sosio-ekonomiese en emosionele inligting: hou verband met kontakbesonderhede, gesondheid, geloof, finansiële inligting, emosionele welstand, indiensname, gesinsomstandighede, verblyf, taal, huwelikstatus, kriminele rekord, rybewys, gestremdheid, spesiale behoeftes, hoogste kwalifikasie, werksgeskiedenis.

1.10          Wet: Wet op Beskerming van Persoonlike Inligting, 4 van 2013.

 

2.     PRIVAATHEID

Algemeen

2.1             StudentePlein is verbind tot die beveiliging van die privaatheid van sy lede, webwerfbesoekers en diensgebruikers.

2.2             Hierdie beleid geld waar StudentePlein optree as 'n data-kontroleerder (soos gedefinieer in die Wet) met betrekking tot die persoonlike inligting van ons lede, webwerfbesoekers en diensgebruikers.

2.3             StudentePlein gebruik “cookies” op ons webwerf. StudentePlein sal ‘n lid of webwerfversoeker versoek om toestemming te gee vir die gebruik van “cookies” wanneer StudentePlein se webwerf vir die eerste keer besoek word. 

Trefwydte

2.4             Hierdie privaatheidsbeleid handel met die hantering van inligting wat verskaf word deur of ingesamel word by lede en gebruikers van StudentePlein se webwerf en dienste.

2.5             StudentePlein volg hierdie privaatheidsbeleid in ooreenstemming met toepaslike wetgewing. In sommige  gevalle kan ons bykomende privaatheidskennisgewings wat spesifiek op sekere produkte of praktyke van toepassing is, verskaf. Sulke voorwaardes moet saam met hierdie beleid gelees word.

2.6             Inligting wat lede en/of gebruikers op 'n derdepartywebwerf of derdepartyplatform deurgee of verskaf, word nie deur hierdie beleid gedek nie, tensy waar StudentePlein van derdepartyplatforms gebruik maak om lede of gebruikers se inligting vir StudentePlein se doeleindes in te samel.

2.7             Privaatheidskeuses wat lede of gebruikers op derdepartywebwerwe of -platforms maak, is nie van toepassing op StudentePlein se gebruik van inligting wat StudentePlein direk deur sy eie stelsels insamel nie.

2.8             StudentePlein se webwerwe en programme kan skakels na ander webwerwe bevat wat nie deur StudentePlein besit of beheer word nie. In sulke gevalle is StudentePlein nie verantwoordelik vir die privaatheidspraktyke van sulke webwerwe nie.

Tipes inligting wat StudentePlein insamel

2.9             StudentePlein samel twee basiese tipes inligting in, naamlik persoonlike inligting en anonieme inligting, en kan persoonlike en anonieme inligting in kombinasie gebruik om 'n derde tipe inligting, naamlik “totale inligting”, te skep. StudentePlein se insameling van inligting sluit in maar is nie beperk tot die volgende:

·       Registrasie-inligting: Inligting wat aan StudentePlein voorsien word wanneer 'n rekening geskep word op een van ons platforms, vir 'n promosie aansoek gedoen word, of wanneer ‘n gebruiker of lid se profiel by StudentePlein gekoppel word aan ‘n derdepartywebwerf of digitale platform.

·       Transaksie-inligting: Inligting wat lede of gebruikers aan ons voorsien wanneer  inligting aanvra word, ons gekontak word, of 'n produk of diens of lidmaatskapopsie gekoop of uitgeneem word.

·       Inligting wat een-tot-een of na 'n beperkte groep gestuur word met behulp van StudentePlein se boodskap-, klets-, pos-, of soortgelyke funksies, waar StudentePlein volgens die toepaslike wetgewing toegelaat word om hierdie tipe inligting in te samel.

·       Inligting wat StudentePlein van 'n derde party (bv. van opleidingsinstelling) verkry, soos 'n webwerf of  platform, oor die gebruik van StudentePlein se programme op derdepartyplatforms of toestelle.

·       Inligting oor ligging: Dit sluit inligting in oor ligging wat verskaf word deur 'n mobiele of ander toestel wat met een van StudentePlein se digitale platforms of programme kommunikeer (insluitend deur middel van baken-tegnologie), of wat verband hou met ‘n gebruiker se IP-adres. Hierdie tipe inligting word ingesamel en verwerk tot die mate wat toepaslike wetgewing daarvoor voorsiening maak.

·       Aktiwiteitsinligting: Dit is inligting van gebruikers of gebruikers se gemagtigde agente se aktiwiteite en voorkeure op ons digitale platforms.

·       Datagebruik, besigtiging, tegniese en toestel-inligting: Inligting rakende die oopmaak van e-posse en besigtiging van blaaie en inhoud op ons digitale platforms, insluitende ‘n gebruiker se webblaaier, tipe toestel, unieke toestel-identifisering en IP-adres.

·       Totale inligting: Sluit in ‘n verwerkte kombinasie van die bogenoemde inligting in.

Metodes vir die insameling van inligting

2.10          Benewens die metodes wat reeds elders in hierdie beleid vermeld word, samel StudentePlein ook gebruikers se inligting in deur van ʼn verskeidenheid tegnologiese oplossings gebruik te maak, naamlik “cookies”, ontledingstoestelle, “Flash”, “pixels”, en webbakens.

2.11          Gebruikers en lede en voornemende lede wat van StudentePlein se platforms gebruik maak verleen toestemming dat StudentePlein inligting van ander betroubare bronne verkry om die inligting wat verskaf is, of wat ons outomaties ingesamel is, op te dateer of aan te vul, soos wanneer adresinligting met behulp van derdepartydienste bekragtig word. Toepaslike wetgewing mag vereis dat ‘n gebruiker eers die derde party moet magtig om inligting met StudentePlein te deel voordat StudentePlein dit kan/mag bekom.

Verskaffing van persoonlike inligting aan derde partye

2.12          Behoudens die bepalings van hierdie beleid, sal StudentePlein sal nie ‘n gebruiker of lid se persoonlike inligting met enige derde party buite die StudentePlein-groep deel nie, behalwe met die uitdruklike nodige toestemming.

2.13          Wanneer ondernemings namens StudentePlein dienste verrig, soos met posaflewering, bemarking en advertering, verbied StudentePlein daardie ondernemings om gebruikers of lede se persoonlike inligting te gebruik vir ander doeleindes as wat deur StudentePlein versoek is of deur die Wet toegelaat word.

2.14          StudentePlein kan u persoonlike inligting met derde partye deel:

2.14.1             in verband met die verkoop van 'n besigheid;

2.14.2             om StudentePlein se gebruiksvoorwaardes of reëls af te dwing;

2.14.3             om die veiligheid en sekuriteit van StudentePlein se besoekers en derde partye te verseker;

2.14.4             om StudentePlein se regte en eiendom en die regte en eiendom van StudentePlein se besoekers en derde partye te beskerm;

2.14.5             om te voldoen aan die regsproses; of

2.14.6             in ander gevalle waar StudentePlein te goeder trou glo dat openbaarmaking deur die Wet vereis word.

Datasekerheid en retensie van inligting

2.15          StudentePlein het tegniese, administratiewe en fisieke veiligheidsmaatreëls geïmplementeer wat ontwerp is om persoonlike inligting teen ongemagtigde toegang, openbaarmaking, gebruik en wysiging te beskerm.

2.16          StudentePlein hersien gereeld sy sekuriteitprosedures om toepaslike nuwe tegnologieë en metodes te oorweeg.

2.17          Wees asseblief bewus daarvan dat, ten spyte van ons beste pogings, geen sekerheidsmaatreëls volmaak of ondeurdringbaar is nie, en word StudentePlein en sy filiale gevrywaar van enige skade wat moontlik gely mag word deur die onvoorsiene verkryging van inligting deur ‘n ongemagtigde party.

2.18          ‘n Gebruiker van StudentePlein se digitale platform of lid van StudentePlein stem toe dat StudentePlein al die inligting waarna in hierdie beleid verwys word, vir 'n tydperk van (ses) 6 jaar mag behou na:

2.18.1             beëindiging van lidmaatskap;

2.18.2             ‘n gebruiker of lid se laaste elektroniese of telefoniese kommunikasie met StudentePlein; of

2.18.3             ‘n gebruiker of lid se laaste elektroniese of telefoniese transaksie met StudentePlein.

Gebruikers en lede se regte

2.19          Gebruikers en lede het kragtens die Wet die reg:

2.19.1             om toegang tot eie persoonlike inligting te verkry;

2.19.2             op regstelling van persoonlike inligting in StudentePlein se besit;

2.19.3             om verwerking van eie persoonlike inligting te beperk;

2.19.4             om beswaar te maak teen verwerking van persoonlike inligting;

2.19.5             op data-oordraagbaarheid;

2.19.6             om by 'n toesighoudende owerheid te kla; en

2.19.7             om toestemming vir die verwerking van persoonlike inligting te herroep.

2.20          In sommige gevalle het ‘n gebruiker of lid die reg om die verwerking van persoonlike data te laat beperkHierdie omstandighede sluit in waar:

2.20.1             Die akkuraatheid van die persoonlike inligting betwis word;

2.20.2             Die verwerking van persoonlike inligting onwettig is, die uitwissing daarvan deur ‘n gebruiker of lid teengestaan word.

2.20.3             StudentePlein nie meer die persoonlike inligting nodig het vir die doeleindes van verwerking nie, maar ‘n gebruiker of lid se persoonlike inligting benodig vir die instel of verdediging van regseise;

2.20.4             ‘n Gebruiker of lid beswaar gemaak het teen verwerking in afwagting van die uitkoms van daardie beswaar. Waar verwerking op hierdie basis beperk word, mag StudentePlein ‘n gebruiker of lid se persoonlike data steeds stoor. Die inligting sal dan slegs verwerk word met die ‘n gebruiker of lid se toestemming; vir die instel of verdediging van regseise; vir die beskerming van die regte van 'n ander natuurlike of regspersone; of om redes van openbare belang, soos deur die Wet bepaal.

2.21          ‘n Gebruiker of lid het die reg om beswaar te maak teen verwerking van persoonlike inligting op grond spesifieke omstandighede, maar slegs in die mate waartoe die reg begrond is in die Wet.

2.22          Waar ‘n gebruiker of lid van mening is dat StudentePlein se verwerking van persoonlike inligting inbreuk maak op die gebruiker of lid se regte kragtens die Wet, ontstaan die reg om 'n klagte by StudentePlein se inligtingsbeampte in te dien.

Veranderinge aan hierdie privaatheidsbeleid

2.23          StudentePlein behou die reg voor om van tyd-tot-tyd hierdie privaatheidsbeleid aan te pas om nuwe tegnologie, bedryfspraktyke, regulatoriese vereistes of ander omstandighede te akkommodeer. Dit is die ‘n gebruiker of lid se plig om gereeld te moniteer of hierdie beleid verander het.